Tans regoor die wereld word kunsmatige intelligensie in verskeie sektore en op verskillemde manière gebruik. Kunsmatige Intelligensie (KI) speel dus ’n toenemende rol in die manier hoe die Reis- en Toerismesektor werk, met die hantering van sekere aspekte wat dit meer doeltreffemd maak vir hul gebruikers . KI-stelsels word gebruik om persoonlike aanbevelings te maak, kliëntebesprekings te hanteer, en om patrone en neigings in kliëntgedrag te identifiseer. Alhoewel dit die doeltreffendheid en kliëntetevredenheid verbeter en die sisteem vir verbruikers vergemaklik, bestaan daar steeds probleme soos bekommernisse oor dataprivaatheid, diskriminasie, deursigtigheid en die gebrek aan menslike kontak in sekere prosesse. Wat ‘n nadelige uitwerking op verbruikers kan he as hierdie nie eties gehandhaaf word nie.
Die fokus van my ondersoek sal wees om te bepaal hoe die Reis- en Toerismesektor die etiese gebruik van KI-stelsels kan verbeter. Die doel van hierdie ondersoek is om vas te stel watter etiese probleme daar tans in die reis en toerisme bedryf bestaan. Verder word daar ondersoek watter impak hierdie probleme op kliënte en besighede het, en hoe hierdie probleme op ‘n verantwoordelike wyse aangespreek kan word om te verseker dat die sisteem eties sal gebruik word. Ek hoop om aanbevelings te maak wat sektororganisasies kan help om KI meer verantwoordelik en deursigtig te gebruik.
My teikengehoor is toerismebesighede, reisagente, toeroperateurs en hul bestuurspanne. Enige persoon wat betrokke is in die reis en toerisme sektor of dit nou die ontwerp van programme is of di nasien van voor af ontwerpde stelsels wat verbruikers se data en inligting gebruik om persoonlike reis programme te skep. Hulle sal baat vind by insigte oor hoe hulle KI-stelsels meer eties kan aanwend om hul kliëntediens te verbeter en vertroue by kliënte te versterk.